Your Recipe Blog

BANOFFEE ROOMYS

BANOFFEE ROOMYS

  • 500 ml room
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 5 ml vanilla geursel
  • 4 tot 5 amper oor ryp piesangs, gesny
  • ½ koppie gekapte karamel sjokolade (enige vorm)

Klits room tot sagte punt staduim.
Voeg piesang by en meng liggies.
Meng karamel kondensmelk en kondensmelk.
Vou karamelmengsel in roommengsel in maar hou bietjie oor.
Voeg die vanilla geursel by en meng deur..
Skep die mengsel in leë roomys bak.
Skep laastens die bietjie karamelmengsel en gekapte karamel bo-op, gebruik ‘n vurk en roer liggies bo-op deur.
Vries vir ten minste 6 ure.

Oorspronklike resep deur Ronel Hunter
Aangepaste resep en foto: Lelane van der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5