Your Recipe Blog

BAKKERSVLA – CRéME DIPLOMAT

BAKKERSVLA – CRéME DIPLOMAT

Bakkersvla met gelyke dele styf geklitste room ingevou word CRéME DIPLOMAT genoem.
Hier is die resep vir die Bakkersvla.

  • 1 liter melk
  • 200 ml suiker
  • vanilla (1 teelepel vanilla ekstrak of vanilla pasta of 2 teelepels vanilla geursel)
  • ¼ teelepel sout
  • 30 g botter
  • 6 eiergele
  • 85 g Maizena

Verhit driekwart van die melk met helfte van die suiker, sout en botter tot net onder kookpunt.
Klits die res van die bestanddele saam en temper die warm melk in die mengsel in.
Giet terug in die pot en roer liggies oor lae hitte tot dit kook. Moenie te wild roer nie.
Kook vir 2 min.
Skep in ‘n vlak glasbak en bedek die oppervlak onmiddellik met kleefplastiek.
Kleefplastiek moet teen die vla wees om die vorming van ‘n “vel” te voorkom.
Koel af en verkoel oornag.
Maak mengsel los met ‘n spatula. Moenie daaraan klits nie want dan gaan hy begin skei.
Sit in ‘n spuitsak en gebruik soos verkies.

Resep en foto’s: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page