BAK BROOD IN ‘N ELEKTRIESE BRAAIPAN
Jy kan enige resep probeer. Ek het gister buns gemaak met koekmeel. En vandag die brood met broodmeel.
- 7 koppies broodmeel
- 2 teelepels suiker
- 1 teelepel sout
- 1 pakkie kitsgis
- 1 eetlepel olie
- ongeveer 2 koppies louwater
Meng die louwater, gis, suiker en olie en laat staan om gis.
Meng die meel en sout en voeg die watermengsel by. Knie die deeg lekker en indien nodig, voeg nog bietjie water by terwyl jy knie sodat dit ‘n lekker elastiese deeg vorm.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde glasbak wat in jou elektriese braaipan pas.
Laat rys vir so 30 minute iewers op ‘n warm plek of tot verdubbel het.
Sit braaipan op hoogste hitte, laat goed warm word.
Plaas ‘n draadrakkie in die pan en sit die deeg in die glasbak bo-op die rakkie.
Bak vir 45 min. Keer die brood uit en draai brood om, plaas op die rakkie dat dit net so bietjie kan bruin word aan bokant vir 10 min.
Foto en braaipan idee: Wilma Jordaan