Your Recipe Blog

BAIE VINNIGE BROODROLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 12 minute

BAIE VINNIGE BROODROLLETJIES

Indien die craving vir hamburgers jou oorval, maar jy is op lockdown en kan/wil nie winkel toe gaan nie (soos hier in NZ en SA), is die net die resep vir jou. Regte (met gis) brood rolletjies – 30 minute van begin tot KLAAR GEBAK. Almal in die huis was baie beindruk… ekself die meeste, want ek is meer ‘n kosmaker; nie ‘n bakker nie! Maar die resep kan enigiemand maak – verseker! Hulle is bietjie swaarder as winkel buns, so een per porsie is meer as genoeg.

  • 250 ml warm (omtrent 42°C) water
  • 2 eetlepels aktiewe droë gis
  • 65 ml suiker
  • 80 ml olie
  • 1 eier
  • 1 teelepel sout
  • 3 – 3½ koppies koekmeel (gewone meel, nie broodmeel)

Meng water met gis in ‘n mengbak. Voeg suiker en olie by en laat 5 minute staan.
Roer nou die eier by, en voeg meel by totdat ‘n sagte deeg vorm.
Gooi bietjie ekstra meel oor werksoppervlak en knie 3 – 5 minute tot elasties (as jy jou vinger in die deeg druk, bly jou vingermerk agter).
Verdeel dadelik in 6 (vir hamburgers) of 12 (vir dinner rolls), en plaas op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Bedek met ‘n vadoek en laat 10 minute staan.
Bak dadelik by 210°C vir 10 – 12 minute tot goudbruin.

Resep en foto’s: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page