Your Recipe Blog

BACON KIPS HOENDERPASTEI

Recipe by
Cook: 60 minute

BACON KIPS HOENDERPASTEI

Gideon louw – Ek het vandag die pastei gedoen en is wragtie baaaaie lekker. Die rys daarby koplimenteer beslis die ander bestanddele.
  • 1 kg hoender
  • 250 ml mayonnaise
  • 250 ml gaar rys
  • 2 hardgekoote eiers
  • 1 pakkie roomsampioensop
  • 1 pakkie hoenderroomsop
  • 1 pak tamatie skyfies (chips) of bacon kips
  • sout en peper na smaak

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie.
Maak fyn en haal al die beentjies uit.
Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850 ml is.
Meng alles saam en skep in ‘n voorbereide oondbak.
Bak vir 30 min by 180°C.
Maak die skyfies of bacon kips fyn, sprinkel bo-oor en bak weer vir 30 min.
Bedien saam met lekker vars slaai.

Nota – Gideon Louw
Ek het bietjie knoffel- en rissievlokkies bygevoeg  en ook nie die Bacon Kips so baie fyn gemaak nie, sodat dit nog ‘n lekker krakerige kors is.

Resep: Rina Kleinhans
Fotos: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page