Your Recipe Blog

BABS SE GEMMERKOEKIES

Recipe by
Cook: 20 - 25 minute

BABS SE GEMMERKOEKIES

Ek het hierdie gemmerkoekies gebak, en ek kan dit met gemak aanbeveel, probeer gerus.
Hierdie is nie ‘n sagte koekie nie, lekker harde koekies.

  • 250 g sagte botter, maar nog steeds koud
  • 1 eier
  • 2 koppies suiker
  • 1 koppie stroop
  • 20 ml koeksoda
  • 15 ml asyn
  • sout
  • 40 tot 50 ml gemmer
  • 6½ koppies koekmeel

Verroom die botter met die eier.
Voeg suiker by en roer net vinnig deur tot gemeng.
Voeg stroop by en meng tot net gemeng.
Voeg koeksoda, gemeng met asyn, en sout by.
Meng gemmer met die 2 koppies meel en voeg by die bottermengsel
Meng die res van die meel, koppie vir koppie by, nie alles op een slag nie. (Deeg kan te styf wees) Deeg moet sag wees. Moenie dat die deeg te warm word nie.
Ek gebruik so min as moontlik my hande.
Maak bolletjies van so 15 g en bak dit by 170°C vir 20 tot 25 min.

Wenk:
BAK EERS SO PAAR BOLLETJIES OM TE SIEN OF DIE DEEG REG IS.

Foto 2: Lien Pieterse
Foto 1: Marianne Pampoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page