Your Recipe Blog

AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE

AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE

  • 1 pak gemengde slaaiblare
  • 6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
  • 8 repe swoerdlose streepspek
  • 4 snye witbrood sonder korsies
  • 1 groot, ryp avokado
  • 125 ml pekanneute, grof gekap
  • 125 ml Franse slaaisous

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie.
Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in ‘n bietjie olie tot bros.
Haal uit en dreineer op kombuis papier.
Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin.
Voeg ‘n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer.
Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous.
Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.

Nota: Lizelle Erasmus:
Ek het minder brood gebruik, min of meer 2 snye was genoeg.
Baie baie lekker!

Foto: Lizelle Erasmus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page