AVOKADO, SEEKOS EN RYSSLAAI
- 2 ryp avokado’s, in blokkies gesny
- 3 koppies gaar rys
- 200 g seekosmengsel
- 4 eetlepels kaassmeer
- rooi, groen, geel soetrissies, in blokkies gesny
- 1 ui
- 3 toontjies knoffel olyfolie vir roerbraai
Roerbraai die ui, knoffel en seekosmengsel en laat afkoel.
Meng die kaassmeer en rys goed deur.
Meng die blokkies soetrissies en avokado deur die rys.
Meng die seekosmengsel liggies deur.
Bron en foto: Corne Liebenberg
Category: