ASYNPOEDING
- Sous:
- 500 ml (2 koppies) kookwater
- 375 ml (1 1/2 koppie) suiker
- 180 ml (3/4 koppie) bruin druiwe asyn of wynasyn
Verhit die kookwater, suiker en asyn saam in ‘n kastrol en kook vir 5 minute lank.
Giet in ‘n vuurvaste poedingskottel van sowat 20 x 15 cm en laat dit eenkant staan om goed af te koel.
- Beslag:
- 30 ml (2 eetlepel) botter
- 125 ml (1/2 koppie) suiker
- 30 ml (2 eetlepels) fyn appelkooskonfyt
- 2 eiers
- 60 ml (1/4 koppie) melk
- 375 ml (1 1/2 koppie) koekmeel
- 5 ml (1 teelepel) koeksoda
- 5 ml (1 teelepel) vars gerasperde neutmuskaat
- 5 ml (1 teelepel) gemmerpoeier
- 2,5 ml (1/2 teelepel) sout
Klop die botter en suiker deeglik saam sodat dit romerig is.
Voeg die appelkooskonfyt, eiers en melk by en meng goed.
Sif die meel, koeksoda, speserye en sout saam en roer dit by die ander bestanddele.
Skep die beslag in die koel stroop.
Bak vir ongeveer 40 minute teen 180°C.
Bedien met vla.
Nota:
Mens kan ook bietjie ekstra sous maak.
- Ekstra sous om by die poeding te bedien:
- 500 ml (2 koppies) kookwater
- 375 ml (1 1/2 koppie) suiker
- 180 ml (3/4 koppie) bruin- of wynasyn
- 1 stuk pypkaneel
- 2 teelepels (10 ml) suurlemoenskil, gerasper
Kook al die bestanddele saam vir 5 minute en bedien warm saam met die poeding.
Nota:
Jy kan steeds vla of roomys daarby bedien.
Jy proe die effense surigheid, heerlik saam met die speserygeur.
Laat staan ‘n rukkie nadat jy dit uit die oond gehaal het.
Die gaar deeg gaan sit lekker in die sous.
Nota: Hannah Carter
Kan ook lemoenskil fyn rasper in die deeg en lemoensap ipv water vir die sous gebruik. Ek vervang ook van die meel met kakao, rasper sjokolade met of sonder neute in deeg in, die resep kan as basis dien vir talle variasies, amandels en kersies is net so lekker opsie.
Resep geplaas en foto deur Annelie Kruger