Your Recipe Blog

APPELTERT MET SKILFERKORSDEEG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30-40 minute

APPELTERT MET SKILFERKORSDEEG

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • 6 appels
  • 4 eiers
  • 300 ml melk
  • 80 g bruismeel
  • 60 g bruinsuiker
  • 50 g botter, gesmelt

Bedek ‘n pastei oondbak met die skilferkorsdeeg en sny kante af.
Skil die appels, sny in helfte en haal pitte uit. Sny die appels in skywe en plaas in die deeg in die oondbak.
Klits eiers, suiker, melk, gesmelte botter saam en voeg by die bruismeel.  Meng goed.
Giet die gemengde beslag tussen die appels en strooi bruin suiker bo oor.
Bak vir 30 – 40 minute of tot bruin en gestol is, by 180°C.

Kan bedien word met vla, room, of roomys

Resep en foto: Johan Westenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page