Your Recipe Blog

APPELTERT KAASKOEK

Recipe by
Cook: 40 min

APPELTERT KAASKOEK

Hierdie is ‘n heerlike resep wanneer jy lus is vir appeltert en kaaskoek, en nie tussen die twee kan besluit nie. Ook as jy min tyd het, mense kry of lui is soos ek…’n baie gewilde resep in Aus en NZ. Baie, baie, baie lekker.

  • Appel en kaneelskywe
  • 350 g vanilla bokskoekmengsel net so droog
  • 1 koppie klapper
  • 125 g botter, gesmelt
  • ½ – 1 groot blik tertappels (dit moet die basis net bedek)
  • 300 g suurroom, sag gemaak sodat dit kan smeer
  • 3 eetlepels kaneelsuiker
  • 2 teelepels kaneel

Meng die eerste 3 bestanddele saam en druk vas in ‘n reghoekige of vierkantige koekpan, uitgevoer met bakpapier.
Bak 20 min by 180°C tot ligbruin.
Laat effens afkoel en bedek met appelskywe.
Smeer suurroom bo-oor die appel, sprinkel met die kaneelsuiker en bak nog 20 minute totdat die suurroom gestol is.
Sprinkel kaneelsuiker bo-oor en laat afkoel.
Sny in skywe en bedien.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page