Your Recipe Blog

APPELKRUMMELTERT 

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

APPELKRUMMELTERT

(sonder eiers)

  • 2 koppies koekmeel
  • ¼ koppie suiker
  • ¼ koppie botter
  • 1 hoogvol teelepel bakpoeier

Vryf die botter in die koekmeel in tot dit soos krumels lyk, voeg dan die suiker en bakpoeier by.
Voer ‘n tertbord met die helfte van die krummels uit – sit dan die appelmengsel in en strooi die res van die krummels bo-oor.

  • Appelvulsel:
  • 6 appels, geskil en gesny
  • ½ koppie suiker
  • 1 hoogvol eetlepel mielieblom
  • ½ koppie korente

Kook die appels, suiker en korente in water tot dit sag is, maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by.
Laat net kook tot dit styf word, skep uit in die tertkors en strooi die res van die krummels bo-oor.
Bak in oond van 180 ºC vir ongeveer 30 min of tot gaar.

Nota:
Ek het wel kaneel (so teelepel) en 150 g botter by die appels gevoeg terwyl dit kook.  Daai stropie is ook in die tert in. Die krummels wat oorgebly het, het ek so halwe koppie klapper bygevoeg en gemeng voor ek dit oor die appels gestrooi het

Foto en resep: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page