APPEL MALVAPOEDING
Ilze Jacobs se gebakte perskepoeding het my geïnspireer vandag, maar ek het ‘n malva poeding beslag gebruik met 2 verskille:
Melk vervang met een groot gerasperde granny smith appel en botter vervang met bietjie sonneblom olie.
Malva poeding sous ook net so gebruik. Die resultaat is ‘n lip-lek-lekker, smelt-in-die-mond gebakte poeding met ‘n heerlike appel geur.
Ek het werklik nie alles afgemeet nie, maar hierdie is min of meer die bestanddele.
Bak grootte: 6 x 6 × 3 cm
Voorverhit oond tot 190°C
- 1 koppie koekmeel
- 2 groot eiers
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 teelepel koeksoda
- 1 ½ teelepel wit asyn
- 25 ml sonneblom olie
- 1 groot Granny Smith appel, grof gerasper (vuis grootte voor rasper)
Meng alles saam met ‘n houtlepel. Dit is ‘n slap beslag maar moenie loperig wees nie. Indien te styf, voeg bietjie melk by. Indien te slap, ‘n bietjie koekmeel.
Smeer pannetjies (ek het 2 foelie panne van 19 x 14 x 3.5 cm gebruik). Verdeel die beslag tussen die pannetjies en plaas beide sy aan sy in die oond.
Bak vir ongeveer 30 – 35 minute. Dit word gou goudkleurig, maar moenie haastig wees nie.
Oonde verskil baie, toets dus so by 30 min. vir die gaarheid in die middel van die poeding. Indien dit ferm is, gaan voort. Indien dit nog nie ferm is nie, bak vir nog 5 min en toets dan weer.
Haal uit die oond en laat 5 min staan voordat die sous oorgegiet word.
- Sous:
- 1 koppie volroom melk of ‘n ½ koppie melk en ½ koppie room
- 2 eetlepels botter
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel vanilla geursel
- ¾ koppie bruin suiker
In ‘n kastrol, verhit die melk of melk/roommengsel oor lae hitte. Voeg die botter, sout, vanilla geursel en bruin suiker by. Roer oor medium hitte totdat die suiker gesmelt is en mengsel begin opskuim. Haal van die hitte af. Skep oor die warm poeding.
Dien op saam met roomys of vla of kan net so geniet word.
Resep en foto: Anina Kotze