APPEL FRITTERS
- 6 appels, geskil en opgesny
- Roer die volgende goed saam:
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 3 eetlepels suiker
- ½ teelepel sout
- Meng in ‘n ander mengbak:
- 2 eetlepels gesmelte botter
- 1 eier
- 1 koppie melk
- Opsioneel:
- olie vir diep braai
Voeg die natmengsel by die droë mengsel en klits goed.
Voeg nou die appels van keuse by en meng deur.
Bak lepels vol vqan die beslag in warm olie.
Dreineer op kombuis papier.
Nota:
Ek het versiersuiker oor gestrooi, maar dink dit sal ook lekker wees met kaneel suiker.
Ek dink volgende keer sal ek ringe sny en dan in olie braai.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk