Your Recipe Blog

APPEL EN PIESANG KRUMMELTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

APPEL EN PIESANG KRUMMELTERT

  • Vulsel:
  • 1 blik (765 g) onversoete tertappels
  • 3 piesangs, fyn gedruk
  • ¼ koppie suiker
  • ¼ koppie water
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • ‘n titseltjie fyn naeltjies

Kook die tertappels, suiker, water, kaneel en naeltjies saam tot ‘n stroop vorm.
Voeg fyn piesangs by en meng goed deur.

  • Kors:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie klapper
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 125 g botter/margarien

Meng die droë bestanddele goed en vryf die botter in die meelmengsel  in tot dit soos broodkrummels lyk.
Druk helfte van die beslag in ‘n tertbord om die kors te vorm.
Skep vulsel in  die kors en strooi res van die meelmengsel bo oor.
Bak by 180° C vir ongeveer 40 minute.

Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto:  Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page