APIESBROOD
- ½ koppie kanola of sonneblomolie
- 2 koppies suiker
- 2 eiers
- 1 koppie karingmelk
- 2 teelepels bakpoeier
- 4 koppies koekmeel
- Vir die sprinkelmengsel:
- 1 koppie suiker
- 2 eetlepels kaneel
- ½ teelepel sout
Spuit ‘n ringpan of brood pan of smeer met botter.
Meng alles vir brood, neem ‘n groot lepel en skep lepels vol en rol in sprinkelmengsel.
Bedek heeltemal met sprinkelmengsel en pak in pan.
Bak 1 uur by 180°C.
WENKE:
Jy kan dit versier met gesmelte sjokolade en jy kan ‘n ½ koppie gekapte neute insit as jy wil.
Halveer die sprinkelmengsel vir bo-op, dit was te veel en het net afgeval en nie ingebak nie.
Foto: Brunhilda Venter