ANZAC KOEKIES
- 1 koppie (150 g) koekmeel
- 1 koppie (90 g) hawermout (Oats)
- 1 koppie (85 g) klapper
- ¾ koppie (155 g) bruinsuiker
- 125 g botter (Ek gebruik Stork Bake)
- 2 eetlepels goue stroop
- 1 teelepel koeksoda
- 2 eetlepels water
Voorverhit oond tot 160ºC.
Spuit 2 bakplate met Spray and Cook.
Sif die meel in ‘n groot mengbak.
Roer die hawermout, klapper en bruinsuiker by.
Sit die botter, goue stroop en water in ‘n pot.
Roer oor ‘n medium hitte, tot gesmelt.
Roer die koeksoda by. (Dit skuim baie – werk oor die mengbak)
Gooi bottermengsel by meelmengsel.
Roer tot goed gemeng.
Rol plat teelepelsvol in balletjies.
Plaas op bakplate ± 5 cm uit mekaar en druk effens plat met ‘n vurk of sommer met jou vingers.
Bak vir 10 minute tot goud bruin, hou dop van so 8 minute.
Na omtrent 2 minute nadat jy dit uit die oond gehaal het, maak versigtig los van die bakplaat en laat 5 minute op die bakplate afkoel.
Wenk:
Ek maak die resep sommer dubbel aan. Anders gaan jy teleurgestel word omdat dit so vinnig klaar is…. Een baksel koekies lewer maar 626 g koekies. (ongeveer 30)
Geniet dit.
Resep: Esmarie Friedrichs
Foto: Dalal Al Boush