ANSI SE SEEKOS PAELLA
- 1 pak gemengde seekos
- 1 pak mossels
- 1 pak garnale (prawns)
- knoffelbotter, genoeg
- sout en peper
- vars suurlemoen
- vars pietersielie
- ertjies, reeds gekook
- rys, gaar
- suurlemoen skywe om mee te bedien
Ontvries die seekos. Braai die seekos en garnale vinnig in knoffelbotter, sodra die garnale pienk word is hulle reg.
Ek het heel laaste mossels bygevoeg en vinnig gebraai, anders is dit taai.
Sout en swartpeper na smaak. Kan nog knoffel ook bysit.
Kook ertjies apart sag en meng liggies met seekosmengsel.
Nota:
Ek het ‘n pakkie gegeurde rys gekoop, (jou smaak) ek het die een gekoop met Parmezaan in, of maak jou eie rys.
Skep seekosmengsel op rys, bedien met genoeg vars suurlemoen en pietersielie.
Ek het ook vars koljander gebruik. (RESEP KAN AANGEPAS WORD NA SMAAK)
Resep en foto: Ansi Pypers Fourie