Your Recipe Blog

ANSI SE LEMOENPOEDING

Recipe by
Cook: 25 minute | Servings: 8-10

ANSI SE LEMOENPOEDING

  • 500 ml koekmeel
  • 1 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 100 g botter
  • 2 eiers
  • 250 ml suiker
  • 50 ml appelkooskonfyt
  • fyn gerasperde skil van 2 lemoene
  • 50 ml lemoensap
  • 5 ml koeksoda
  • 200 ml melk
  • Sous:
  • 80 g botter
  • 200 ml suiker
  • lemoenskil
  • 250 ml water
  • 250 ml room
  • Versiersel:
  • 200 g suiker
  • 60 – 70 ml water
  • lemoene, in dun sirkels gesny met skil aan

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam. en hou eenkant.
Room botter en suiker saam.
Voeg die eiers een vir een by die bottermengesel, klits goed na elke byvoeging.
Voeg die konfyt, lemoenskil, en sap by die bottermengsel en meng net tot ‘n beslag.

Opsie 1:
Sny 4 – 5 groot lemoene in die helfte deur en haal die vleis van die lemoen uit.
Skep die beslag in die lemoenskildoppe, pak mooi regop ver van mekaar op ‘n bakplaat en bak vir 25 minute.
Toets na 25 minute en bak langer indien nodig (oonde verskil).
Laat effens afkoel, en giet die sous oor.

Sous:
Meng die suiker, lemoenskil, water en room in ‘n potjie. Laat opkook, voeg botter by en kook vir sowat 3 minute.

Versiering:
Karameliseer die suiker in die water.
Kook oor lae hitte tot effe bruin – wees versigtig dat die sous nie brand nie.
Plaas die lemoensirkels in die sous en prut vir nog so paar minute. Laat afkoel.
Versier soos verkies.
Eet met vla, roomys of room.

Opsie 2:
Skep die beslag in ‘n voorbereide bak en bak vir 25 minute.
Toets na 25 minute en bak langer indien nodig. (oonde verskil)
Laat effens afkoel en giet sous oor.

Resep aangepas en foto: Ansi Pypers Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page