ANRI SE BOONTJIESOP
My weergawe van boontjie sop.
- 450 g lamsnek
- 500 g rooi gespikkelde bone
- 2 uie, gerasper
- 4 groot aartappels, geskil en fyn gesny
- 4 teelepels sout, aan einde bygevoeg
- 50 ml Worcestersous, aan einde bygevoeg
- 100 g tamatiepasta, aan einde bygevoeg
Kook lamsvleis 2 ure op lae hitte met 3 liter water.
Spoel oornag-geweekte boontjies 3 keer af.
Kook op hoë hitte vir minstens 20 min.
Stel hitte af na laag en kook vir nog 90 minute.
Toets bone vir sagtheid.
Voeg dan 2 gerasperde uie by en 5 aartappels geskil en gesny by.
Voeg kookwater die heeltyd by soos benodig.
Wanneer aartappels sag is, vat jou masher en mash driekwart van die inhoud.
Voeg nog kookwater by.
Toets vir sout en peper.
Voeg dan jou tamatiepasta by.
Voeg sout na smaak by of volg resep.
Voeg Worcestersous by.
Bedien saam broodrolletjies en botter.
En bietjie asyn indien verkies – as jy opdien gooi elkeen asyn by as hulle wil, dit beklemtoon die boontjies.
Geniet.🤗
Resep en foto: Anri Douglas