Your Recipe Blog

ANNIE SE CREMORATERT

ANNIE SE CREMORATERT

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 100 ml suurlemoensap
  • Tennisbeskuitjies
  • sjokolade of ‘n Flake, eie keuse
  • Meng saam:
  • 250 g Cremora
  • 125 ml kookwater

Meng die Cremora en kookwater saam en klits baie goed saam.
Voeg by die kondensmelk en klits weer baie goed.
Voeg die suurlemoensap by en klits weer baie goed.

Pak Tennisbeskuitjies en skep ‘n lagie vulsel, dan weer nog ‘n lagie beskuitjies en die res van die vulsel.
Rasper sjokolade bo-op of gebruik ‘n flake!!
Plaas in die yskas om te stol.
Lekker!!

Resep:  Annie Moule‎
Foto: Karen Jansen van Vuuren (in klein bakkies gemaak)

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page