ANNA SE SUURLEMOEN MERINGUETERT
Resep: Anna van Lill
Geplaas deur Annetjie Steyn
Foto: Adam Cloete en Jane Lerm
- Kors:
- 250 ml Mariebeskuitjies, gekrummel
- 80 ml gesmelte botter
- Vulsel:
- 1 blik kondensmelk
- 2 jumbo eiers, geskei
- 125 ml vars suurlemoensap
- Bolaag:
- 60 ml suiker
- 2,5 ml bakpoeier
- knippie sout
- eierwitte van bogenoemde eiers
- Meng die kors bestanddele goed deur en druk styf vas in gespuite ronde tertbak.
- Meng kondensmelk en suurlemoensap en klits goed.
- Klits eiergele goed en voeg by en klits weer.
- Skep op tertkors.
- Klop eierwitte styf.
- Voeg suiker by, klop goed tot stywe punte vorm.
- Voeg bakpoeier en sout by en meng deur, skep op vulsel.
- Bak in voorverhitte oond teen 160°C tot ligbruin.
- Nota: Angelique De Villiers Swart – dis ook beter as jy die suurlemoen voor die eiers bysit.
Category:


