ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE
Resep verskaf en foto: Wayne Dugmore (ma Anna se resep)
- 1 blikkie Ideal Melk, oornag in yskas gelos
- 1 blik pynappel “crush”, gedreineer en stroop gehou
- 1 pakkie pynappel jellie
- 1 pak Tennis beskuitjies
- Verhit die pynappelstroop tot kookpunt. Voeg die pynappel jellie poeier daarby. Roer tot opgelos. Laat afkoel tot baie dik, maar nie gestol nie.
- Klop die Ideal Melk tot baie dik. Dit sal 3 of 4 keer verdubbel in hoeveelheid. Voeg die ‘jelliestroop’ by en meng baie goed. Voeg die pynappel “crush” by en roer goed deur.
- In ‘n diep tertbak pak ‘n lagie beskuitjies, lagie mengsel. Herhaal en eindig met mengsel. Krummel beskuitjies bo-oor.
- Plaas oornag in yskas.
- Wenk:
Jy kan die pynappel “crush” met 2 blikkies granadilla pulp vervang. Vervang pynappel jellie met granadilla jellie en maak met 1 koppie kookwater aan. Gebruik nog ‘n blikkie granadilla pulp vir bo-oor in plaas van beskuitjies krummels.
Raspberry jellie en gesnipperde koejawels werk net so lekker.
Category:

