ANINA SE GUNSTELING VRUGTEJELLIE
Hier is my kinderdae gunsteling Sondag middag poeding.
- 2 blikkies ingelegde vrugte (koejawels, perskes, pynappel of vrugteslaai werk lekker)
- 1 blikkie kondensmelk
- 2 pakkies jellie, enige geur van jou keuse
- 250 ml kookwater
Meng albei pakkies jellie met kookwater en roer tot opgelos. In ‘n ander bak, meng ingelegde vrugte en stroop (indien dit perskes, koejawels of pynappel is, sny in kleiner stukkies), en kondensmelk goed deur. Voeg nou die jellie by en roer deur. Plaas in yskas vir 2 ure (roer na 30 min deur sodat vrugte nie afsak nie). Dien op saam met styfgeklopte room of roomys.
Resep en foto: Anina Kotze
Elize de Kock:
Het die poeding baie gemaak en daarna verwys as babapoeding. Net die kondensmelk vervang met jogurt. Jogurt smaak en geur jellie volgens vrugte wat beskikbaar is.












