ANELISE SE EIERVRUG EN/OF RISSIE BLATJANG
- Eiervrug Blatjang:
- 3 groot eiervrugte, geskil en in blokkies gesny
- 6 uie, gekap
- 6 tamaties, geskil en gekap
- 3 × 250 ml suiker
- 250 ml witasyn
- 30 ml kerriepoeier
- 15 ml borriepoeier
- 6 rooi rissie, of na smaak
- 5 ml sout
- ¼ koppie olie
- 45 ml mielieblom (Maizena)
Plaas eiervrug in ‘n bak met sout bo-oor. Laat staan vir ‘n halfuur. Spoel af en plaas in ‘n groot kastrol saam met uie en tamaties. Braai lekker in die olie.
Meng die res van die bestanddele by behalwe die mielieblom. Laat prut vir 1 – 2 ure.
Maak die mielieblom aan met ‘n bietjie water en voeg by. Laat nog prut tot verdik.
Skep in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Die Resep is net RISSIE RISSIES
- Geen hoeveelhede:
- bruinasyn
- witasyn
- “treacle” bruinsuiker
- rissies van jou keuse
Plaas dieselfde hoeveelheid bruinasyn en witasyn in ‘n groot pot asook “sticky” bruin suiker.
Op lae hitte, laat smelt die suiker.
Neem alle soorte 🌶chilli’ wat jy wil. Sterk medium. Wat ook al jy wil gebruik. Moenie opsny nie. Haal net die stingel af. Plaas in die pot by die asyn en suiker.
Sorg dat jy genoeg het dat dit darem die moeite werd is.
Laat kook vir 40 min en laat staan vir 3 dae.
Na die 3 dae, laat weer kook. As dit kook, verwyder van die stoof af en laat afkoel.
Plaas in voedselverwerker. Maak so fyn soos verkies.
Die kan jy nou net so gebruik.
OF – skep die helfte van die mengsel uit en:
Meng die helfte van die eiervrugmengsel by tot jy van die smaak hou.
Partykeer voeg ek bietjie blatjang by of tamatiesous ook by. Hang af van jou smaak. 🌶
Resepte en foto’s: Anelise Gonsalves