Your Recipe Blog

ANDERSTE BRAAI PASTEI

ANDERSTE BRAAI PASTEI

  • oorskot braaivleis, in blokkies gesny (ek het 2 stukke steak en wors opgesny)
  • 1 x 250 g sampioene, opgekerf
  • 1 groen soetrissie, opgesny
  • 1 groot ui gekerf
  • 300 ml beesaftreksel
  • 1 teelepel knoffel
  • 1 blik tamatie stukke
  • 2 eetlepels bruin uiesoppoeier, aangemaak met 100 ml water
  • ½ teelepel elk origanum, tiemie, komyn, koriander en paprika

Braai sampioene, uie en soetrissie in ‘n bietjie olyfolie.
Voeg vleis stukkies by en braai goed deur.
Voeg knoffel en speserye by, roer en braai goed deur.
Voeg tamatie stukke en beesaftreksel by, roer weer deur en laat prut vir so 10 minute.
Gooi die sop poeier mengsel by en prut vir nog sowat 10 minute op lae hitte.
Laat die mengsel bietjie afkoel.

  • Slapkors beslag
  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 250 ml olie
  • 250 ml melk
  • 2 eiers

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits melk, olie en eiers saam.
Voeg meel mengsel by en klits goed tot dit gemeng is.
Skep vulsel in groot oondbak of kleiner glasbakkies.
Skep beslag bo op sodat vulsel heeltemal bedek is.
Bak teen 190 ºC vir ongeveer 35 – 40 minute.
Bedien met groenslaai.

Foto en resep: Charleen Nieuwenhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page