AMANDELKROKANTE
- 200 g gevlokte amandels
- 250 ml suiker (ek gebruik strooisuiker)
- ½ koppie water
- 90 g botter/margarien
Bak amandels in vooraf verhitte oond 180°C tot verbruin. Los suiker en botter in water op tot kookpunt. Kook so ± 5 tot 8 min tot mooi karamel kleur. Pasop te lank word dit vinnig sandsuiker. Roer amandels net liggies in en skep lepels vol op foelie of bakpapier.
Sodra koud, smeer sjokolade oor. Die amandels het net vrek duur geword.
Resep geplaas deur Elmarie de Bruyn
Foto Elmarie de Bruyn