Your Recipe Blog

AMANDEL-HAWERMOUT BLOKKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40-45 minute

AMANDEL-HAWERMOUT BLOKKIES

  • 250 ml botter of margarien
  • 50 ml heuning of stroop
  • 500 ml bruinsuiker
  • 4 stafies fyngedrukte Weet-bix
  • 250 ml klapper
  • 250 ml fyn gekapte amandels
  • 500 ml hawermout
  • 350 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 10 ml koeksoda
  • 25 ml melk
  • 2 ekstra groot eiers, geklits

Voorverhit oond tot 180°C. Bespuit ‘n groot bakplaat goed.
Smelt botter en heuning tot gesmelt en koel af. Hou eenkant.
Meng die amandels, suiker, Weet-bix, klapper, hawermout, koekmeel en sout.
Los die koeksoda in die melk op en roer by die bottermengsel.
Voeg die eiers by en meng met droë bestanddele.
Meng goed deur en skep in die bakplaat. Druk vas.
Bak 40 – 45 minute lank tot bruin en gaar.
Laat goed afkoel, en sny in blokkies.
Bêre in lugdigte houer.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page