AMANDA SE KORINGSLAAI
Heerlike, koue slaai vir middagete saam met koue hoender.
- 250 ml (1 koppie) koring
- sout
- 1 groot groen rooi peper, ontpit en in klein blokkies gesny
- 1 medium ui, fyn blokkies gesny
- 2 seldery stingels, skoongemaak en fyngesny
- ½ koppie vars ertjies, kan geblikte ertjies gebruik
- 1 klein blik perskeskywe, gedreineer, hou die sap, sny in stukkies
- ½ koppie rosyntjies
- vars gemaalde sout en peper na smaak
- Sous:
- 50 ml olyfolie
- 3 ml (ruim ½ teelepel) borrie
- 7 ml (1 ½ teelepel) matige kerriepoeier
- 25 ml blatjang
- 15 ml suiker
- 25 ml druiwe-asyn
- ½ koppie kondensmelk
Kook die koring in water tot amper sag, sit sout by en kook nog so rukkie tot sag.
Spoel die koring af en skep dit in ‘n slaaibak.
Meng die res van die slaai bestanddele met die koring.
Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam.
Giet oor die koringmengsel en roer goed deur.
Geur met sout en peper indien nodig.
Verkoel die slaai tot etenstyd.
Hoe langer die slaai staan, hoe beter proe dit!
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock