AMANDA SE DADELBALLETJIES
- 500 g fyngekapte dadels, wat ontpit is
- 250 g botter
- 250 ml suiker
- 150 g rooi en groen kersies, gekap
- 5 ml brandewyn geursel
- 5 ml vanilla geursel
- 100 g klapper
- 2 x 200 g Marie beskuitjies, fyngekap
- 25 g fyngekapte okkerneute
Jy kan brandewyn geursel uitlos en net 10 ml vanilla geursel gebruik.
Plaas die botter en suiker in ‘n pot en verhit oor lae hitte tot suiker gesmelt is.
Voeg die fyngekapte dadels by en roer goed deur tot dadels fyngekook is.
Voeg die res van die bestanddele behalwe die klapper by en haal af en roer goed deur.
Sit die klapper in ‘n bak.
Maak balletjies van dadelmengsel en rol in die klapper.
Bêre in lugdigte houer in yskas. Kan ook in vrieskas bêre, want dit maak omtrent 50 balletjies.
Foto en resep geplaas deur Amanda Naude