Your Recipe Blog

ALTA SE SADEBESKUIT

Recipe by
Cook: 20 min + 15 min. | Servings: 120 stukkies beskuit

ALTA SE SADEBESKUIT

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

  • 500 g botter
  • 2 koppies bruinsuiker
  • 1 koppie olie
  • 12½ ml vanilla geursel
  • 500 ml karringmelk (+ ¼ koppie na gelang van deeg tekstuur)
  • 2 eiers
  • 1 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 50 ml klapper
  • 1 koppie semels
  • ½ koppie nutty wheat
  • 1 koppie hawermout
  • ½ koppie van elk na smaak: sesamesaad, lynsaad, sonneblomsaad, poppysaad, kan ook byvoeg: pampoensaad en pekaneute
  • Smelt botter en suiker saam.
  • Klits vanielje geursel, karringmelk, olie en eiers saam, voeg by bottermengsel en meng goed.
  • Meng al die droë bestanddele saam en voeg die bottermengsel by die droë bestanddele, meng goed.
  • Skep die deeg in die voorbereide beskuitpanne en maak gelyk. Druk af met drukker.
  • Bak 20 minute in 180 °C oond.
  • Bak dan verder vir 15 minute by 160 °C of tot gaar – oonde en lugdruk verskil nogal. Dit is ‘n baie sagte deeg.
  • Droog uit volgens jou eie metode.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page