Your Recipe Blog

ALTA SE SADEBESKUIT

Recipe by
Cook: 20 min + 15 min. | Servings: 120 stukkies beskuit

ALTA SE SADEBESKUIT

  • 500 g botter
  • 2 koppies bruinsuiker
  • 1 koppie olie
  • 12½ ml vanieljegeursel
  • 500 ml karringmelk (+ ¼ koppie na gelang van deegtekstuur)
  • 2 eiers
  • 1 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 50 ml klapper
  • 1 koppie semels
  • ½ koppie nutty wheat
  • 1 koppie hawermout
  • ½ koppie van elk na smaak: sesamesaad, lynsaad, sonneblomsaad, poppysaad, kan ook byvoeg: pampoensaad en pekaneute

Smelt botter en suiker saam.
Klits vanielje geursel, karringmelk, olie en eiers saam, voeg by bottermengsel en meng goed.
Meng al die droë bestanddele saam en voeg die bottermengsel by die droë bestanddele, meng goed.
Skep die deeg in die voorbereide beskuitpanne en maak gelyk. Druk af met drukker.
Bak 20 minute in 180 °C oond.
Bak dan verder vir 15 minute by 160 °C of tot gaar – oonde en lugdruk verskil nogal.
Dit is ‘n baie sagte deeg.
Droog uit volgens jou eie metode.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5