ALTA SE LEKKER VRUGTESLAAI
- 4 piesangs
- 2 kiwi vrugte
- 2 koejawels (grootes)
- 2 nektariens
- 1 trossie druiwe, korrels in helftes gesny en pitte uitgehaal
- 10 aarbeie, in skyfies gesny
- 1 pynappel, in blokkies gesny (het die stronk verwyder)
- 1 groot papino, ook blokkies gesny
- 2 eetlepels suiker
- sap van 1 lemoen
Sny alle vrugte op in ‘n mooi vrugteslaaibak, meng deur en sit ‘n paar mint blaartjies by.
Nota:
Om te verhoed dat jou piesang verkleur in die slaai, sit die hele piesang met skil en al in kookwater vir 1 min, haal uit, laat heel afkoel, en skil dan en sny, of sny die piesang in skyfies en spoel af in lekker koue water voor jy dit in die slaai sit – Rina Kleinhans
Resep en Foto: Alta Gunter Van Dyk