ALTA SE INGELEGDE KWEPERS
- 20 kwepers
- 6 koppies water
- 3 koppies suiker
Skil, ontpit en sny die kwepers in mooi dik skywe.
Laat dit in ‘n sterk sout oplossing lê terwyl jy skil om te verhoed dat hulle verkleur en sodat dit mooi wit bly.
Kook ‘n dik stroop van die water en suiker. Roer tot suiker opgelos is.
Sodra stroop kook, voeg kwepers by en kook tot sag.
Skep warm in gesteriliseerde bottels met deksels, draai bottels dadelik toe.
Bottels steriliseer ek op 70°C in die oond, en deksels in kookwater.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk












