ALLES-IN-EEN SOUTTERT
- 4 medium grootte aartappels
- 1 groot ui, in ringe gesny
- 200 g spek, in klein stukkies gesny
- 100 g opgekapte sampioene
- ongeveer 10 groot spinasieblare, stronke uitgesny en gekerf
- 1 koppie melk
- 1 pakkie sampioensoppoeier
- 2 eiers
- 2 eetlepels koekmeel
- ¼ teelepel bakpoeier
- 1 koppie kaas
- sout na smaak, indien nodig
Kook die aartappels heel tot amper gaar, sny in skywe en hou eenkant.
Braai die uie in ‘n bietjie olie in ‘n groot pan, tot dit begin verkleur en voeg die spek en sampioene daarby.
Roerbraai oor medium hitte tot die sampioene gaar is. Verwyder van die pan en hou eenkant.
Roerbraai die spinasie in dieselfde pan tot dit net begin verwelk en hou eenkant.
Klits die melk, eiers, sampioensous poeier, meel, bakpoeier, en sout saam.
(Hou in gedagte dat die souspoeier asook die spek reeds sout is.)
Spuit ‘n oondbak met kleefwerende sproei en pak ‘n laag aartappels op die bodem.
Skep ‘n laag uie, spek en sampioen mengsel oor die aartappels en volg op met ‘n laag spinasie.
Strooi helfte van die kaas daaroor en herhaal die lae.
Giet die melkmengsel oor en sprinkel die oorblywende kaas bo-oor en bak by 180ºC vir ongeveer 30 minute of tot die inhoud gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete