ALLERHEERLIKSTE PICALLILI
Wie ken Picallili? ‘n Heerlike bygereg by enige vleis. Selfs op ‘n broodjie met ham. Ek deel graag my resep.
- 3 blomkool koppe, in baie klein blommetjies gesny
- 3 brocolli koppe, in baie klein blommetjies gesny
- 2 engelse komkommers, in klein blokkies gesny
- 3 uie opgesny, in klein blokkies
- 1 kg wortels, in blokkies gesny
- 1 kg groenboontjies, fyn gesny
- 1 pakkie soetrissies (geel, rooi en groen), in blokkies gesny
- Sous:
- 3 liter witasyn
- 250 ml witsuiker
- 50 ml mosterdpoeier
- 50 ml borrie
- 15 ml sout
- 15 ml gemaalde swartpeper
- 15 ml rissievlokkies
- 40 ml mielieblom (Maizena)
Kook die wortels tot sag maar steeds ferm, in water wat die wortels net bedek. Voeg die asyn en die res van die groente by en kook tot gaar maar nie pap nie.
Meng al die speserye goed deur en voeg dit by die groente in die pot. Laat kook vir ongeveer 20 minute (groente moenie pap wees nie).
Meng die mielieblom met water, voeg dit by en kook tot die sous lekker dik is.
Skep in skoon flesse, verseël en bêre op die rak.
Nota:
Die oorblywende sous, indien enige, is heerlik saam met ‘n boerierol, ‘n burger, ‘n worsbroodjie, gebakte eiers, ensovoorts.
Resep en foto: Wilma Josey Venter