Your Recipe Blog

ALLEGRO KOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 15 minute

ALLEGRO KOEKIES

  • 15 ml kitskoffie, met 20 ml kookwater gemeng
  • 130 g botter by kamertempratuur
  • 50 g strooisuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 150 g koekmeel
  • 40 g Maizena (mielieblom)

Room botter, suiker, vanilla en koffie mengsel goed saam.
Sif die 2 mele saam en voeg by botter mengsel en meng tot deeg.
As dit baie sag is, voeg bietjie koekmeel by.
Vorm okkerneut grootte balletjies van die deeg en plaas in klein koek pannetjie.
Druk met ‘n kurkprop of skieterglassie sodat dit ‘n bakkie vorm.
Bak in voorverhitte oond by 160°C vir omtrent 10 – 15 min. Haal uit en laat afkoel.

  • Maak vulsel as volg:
  • 50 g botter
  • 60 g strooisuiker
  • 200 g kondensmelk
  • 30 g stroop
  • 15 ml koffielikeur (anders gebruik 10 ml vanilla geursel)

Kook alles saam in ‘n groot glasbak in mikrogolfoond vir 1 minuut op ‘n slag, tot dik en kleur verander, was so 5 minute vir my. (Sal korter kook volgende keer, 4 min sal genoeg wees) Hou dop, dit kook vinnig oor.

Vul die koekie doppies met karamel mengsel (werk maar vinnig dit set vinnig).
Laat goed koud word

Smelt sjokolade (110 g) en doop die koekies daar in.
Laat set en geniet!
Ek het die oorspronklike resep halfeer.

Resep geplaas deur Suenell Liebenberg
Foto’s: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page