ALBERTA SE SNACKLE
Na aanleiding van die doppie ystertjies waaroor almal deesdae praat, het ek gou vanoggend dit getoets.
Ek het my gewone snackle resep vir beide gebruik: Hierdie resep kan ook halveer word.
- 2 eiers
- 2 koppies koekmeel
- 1 koppie water
- 1 koppie melk
- knippie sout
Terwyl yster in kookolie warm word, meng alles saam tot ‘n gladde deeg en bak die doppies.
Doop die warm yster wat jy bietjie afgevee het om van die oortollige olie ontslae te raak driekwart in die deeg en dan in die warm olie.
Bak tot goudbruin, haal die doppies af van die yster af en dreineer op koerantpapier of kombuisrol.
Laat afkoel en vul na keuse so ‘n uur voor opdiening anders raak die doppies pap.
Nota:
Ek het 36 Snackle doppies en 34 Rossette doppies met bogenoemde beslag gemaak.
Die Snackle doppies gaan ek met soutvulsel vul en die Rossette doppies met stroop en versiersuiker bo-oor sif.
Resep en foto’s: Alberta van Wyk