Your Recipe Blog

ADAM SE KORSLOSE MELKTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 - 60 min.

ADAM SE KORSLOSE MELKTERT

  • Vir 2 terte:
  • 4 eiers
  • 1 koppie suiker
  • 4 koppies melk
  • 1 teelepel bakpoeier
  • kaneelpoeier
  • 2 eetlepels botter of bakmargarien
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • knippie sout

Room die botter en suiker met ‘n vurk.  Skei die eiers.
Meng die eiergele een vir een by die botter en suiker in en voeg die sout by.
Voeg die koekmeel by en meng goed.
Giet die melk stadig by terwyl geroer / geklits word en daarna die geursel en bakpoeier.
Klits die eierwitte styf, voeg by die mengsel en vou in.
Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak wat liggies met meel besprinkel is en strooi bietjie kaneel bo-oor.
Bak vir 50 – 60 minute by 180ºC  of tot die vulsel gestol het.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page