Your Recipe Blog

ADAM SE CHAKALAKA AARTAPPELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

ADAM SE CHAKALAKA AARTAPPELS

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

  • 5 groot aartappels
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 1 blikkie Chakalaka, sterkte van jou keuse
  • 1 pakkie potato bake, geur van jou keuse
  • 1 geklitste eier
  • ½ koppie water of melk
  • Skil die aartappels en kook tot gaar maar nog baie styf.  Sny dit in skywe en hou eenkant.
  • Braai die uieringe in bietjie olie tot dit begin karameliseer.
  • Rangskik die aartappelskywe in ‘n oondbak en strooi die uie daaroor.
  • Meng die potato bake met die chakalaka en voeg die water of melk daarby om dit te verdun.
  • Meng die geklitste eier by die chakalaka in.
  • Giet oor die aartappels en bak in die oond vir ongeveer 20 minute by 180ºC tot dit gestol het.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page