Your Recipe Blog

AARTAPPELVULKAAN

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 - 30 minute

AARTAPPELVULKAAN

  • 750 g smash, aangemaak soos op die aanwysings
  • 25 g botter of margarien (30 ml)
  • 50 ml koekmeel
  • 500 ml melk
  • 2 eiers, geskei
  • 500 ml gerasperde Cheddar-kaas
  • 5 ml sout
  • 1 ml mosterdpoeier
  • knypie peper
  • 125 ml gerasperde kaas
  • 125 ml broodkrummels

Smeer bakskottel en smeer smash op boom en teen kante om as kors te dien.
Stel oond op 180ºC.
Maak witsous van botter, meel en melk.
Smelt die botter oor lae hitte, meng die meel en melk tot glad en klits by die botter in terwyl jy heeltyd roer met ‘n “whisk”.
Sorg dat daar geen klonte is nie, roer tot die witsous gaar is.
Klits eiergele en roer by witsous in. Haal van plaat af en roer kaas, sout, mosterd en peper by.
Klits eierwit styf en vou liggies in witsous in.
Skep mengsel op aartappels in bakskottel.
Meng kaas en krummels en strooi kaaskrummels bo-oor en bak 25-30 min.
Dien dadelik op.

Nota:
Skep met ‘n roomysskoppie lepelsvol in warm sop, garneer met dille of pietersielie. Ek gebruik hierdie vulkaanballe al jare in my sop as ek wil beindruk, glo my dit proe en lyk uit die boeke!

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Hettie Theunissen – ek het die kaas oorgestrooi nadat ek dit uit die oond gehaal het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page