AARTAPPELSLAAI MET KAAS EN UIE “POTATO BAKE”
- 5 groot gekookte aartappels
- 4 gekookte eiers
- 1 groot ui, gekap
- 2 koppies mayonnaise
- 1 pakkie kaas en uie “potato bake”
Sny aartappels en 4 eiers in blokkies.
Voeg die gekapte uie by.
Meng mayonnaise en potato bake saam. Indien mayonaisemengsel te dik is, meng ‘n bietjie melk by om te verdun.
Giet mayonnaisemengsel oor aartappels en meng deur.
Om te garneer:
- 1 gekookte eier
- gesnyde swart olywe
- 1 kersie tamatie in blommetjie gesny
- gesnyde agurtjies
Druk eier fyn, en plaas saam met die res van die bestanddele bo-op die slaai.
Laat staan die slaai vir ongeveer 2 ure voor opdiening, sodat patato bake goed kan meng met mayonnaise.
Resep en foto: Elna Erasmus