AARTAPPELSLAAI MET EIER
- 6 medium aartappels
- 1 groot ui, opgekerf
- 1 handvol “garlic chives”, grof gekap
- 3 medium gekookte eiers, afgedop
- B-Well Canola mayonnaise (of soort van jou keuse)
- Ina Paarman “Garlic Pepper” kruie
- Aromat
Kook die aartappels in water tot sag maar steeds ferm. Skil af en sny in blokkies.
Braai die uie met die “garlic pepper” en bietjie aromat na smaak, tot sag in bietjie Canola margarien of botter van jou keuse.
Kerf die “garlic chives” op en strooi oor die aartappels.
Meng die gaar uie met 2 groot slaailepels mayonnaise, rasper die gekookte eiers by en meng deur die aartappels (nie te veel nie dan breek die aartappels).
Plaas in die yskas tot dit opgedien word.
Braaibroodjies:
Ek het een ekstra ui soos bo gebraai. Laat effens afkoel en plaas op ‘n sny brood (wat nie gesmeer is nie), sit fyn skywe tamaties op (en kaas as jy wil) en dan nog ‘n laag uie.
Braai tot goudbruin aan weerskante op die kole.
Resep en foto: Christelle van Rooyen
Love it.