AARTAPPELKOEKIES MET SOETRISSIES
- 3 groterige aartappels, opgesny
- 1 groot ui, gekerf
- ½ groen soetrissie, gekerf
- ½ rooi soetrissie, gekerf
Plaas die bestanddele alles saam in voedselverwerker en verwerk tot fyn. Giet in bak uit.
- Voeg by en meng goed:
- 1 bossie fyn gekapte grasuie
- 1 ½ koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 eier, geklits
- Voeg dan geurmiddels by:
- 1 teelepel sout
- ¼ teelepel peri-peri Aromat
- 3 goeie skutte Aromat cheese
Bak lepelsvol in vlak olie in ‘n warm pan tot gaar.
Nota:
Onthou om die geurmiddels laaste by te voeg anders maak die aartappels te veel water.
Foto en resep: Marianne de Beer












