Your Recipe Blog

AARTAPPELKOEKIES

AARTAPPELKOEKIES

Die aartappelkoekies is H-E-E-R-L-I-K!!!! Sal dit defnitief weer in die toekoms maak.
Regtig goedkoop en moeitevry en heerlik daarby. Defnitief ‘n wenner. Dankie Peggy . . .

  • 3 aartappels, geskil
  • 1 ui
  • 1 eier, geklits
  • 30 ml koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 10 ml gekapte pietersielie
  • olie om in te braai

Rasper die aartappel en ui saam.
Roer die eier, koekmeel, sout, peper en bakpoeier by.
Roer die kaas en pietersielie by.
Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante.
Dreineer dit op kombuispapier.

Resep Peggy Devine
Foto:  Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5