Your Recipe Blog

AARTAPPELKAASKOEKIES

AARTAPPELKAASKOEKIES

Die aartappelkoekies is H-E-E-R-L-I-K!!!! Sal dit defnitief weer in die toekoms maak. Regtig goedkoop en moeitevry en heerlik daarby. Defnitief ‘n wenner.

  • 3 aartappels, geskil
  • 1 ui
  • 1 eier, geklits
  • 30 ml koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 10 ml gekapte pietersielie
  • olie om in te braai

Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeel, sout, peper en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by. Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier.

Resep:  Peggy Devine
Foto:  Lorraine Weitz Brand
2de foto:  Koos van der Merwe – Goeie vriende kuier hier by ons en Hans Häfner vertel toe dat hy dit al gemaak het met stukkies bacon ook in gemeng. Volgende keer doen ek dit.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page