Your Recipe Blog

AARTAPPELGEBAK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

AARTAPPELGEBAK

  • 30 ml olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 koffelvingertjie, fyngedruk
  • 7 medium aartappels, gaar gekook en geskil
  • 250 g spekvleis
  • 250 ml gerasperde Cheddar kaas
  • 6 eiers, geklits
  • 125 ml mayonnaise
  • 125 ml blatjang
  • 10 ml mosterdpoeier
  • sout en peper, na smaak

Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie, knoffel en spek tot glasig en gaar. Sny die aartappels in blokkies en sit in ‘n oondbak. Skep die uie- en spekmengsel oordie aartappels en meng deur.
Geur goed met sout en peper.
Meng die helfte van die kaas ook liggies by.
Klits die eiers, mayonnaise en blatjang saam.
Los die mosterdpoeier in ‘n eetlepel water op en voeg by die eiermengsel.
Geur en giet oor die aartappels, roer effens sodat die eier tot op die bodem deurloop.
Strooi die res van die kaas bo-oor.
Strooi bietjie droë pietersielie oor en bak in voorverhitte oond van 180˚C vir 30 minute lank.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5