Your Recipe Blog

AARTAPPELBALLETJIES MET SPINASIE

AARTAPPELBALLETJIES MET SPINASIE

Steak, egg wors en aartappel balletjies – heerlike ete

  • 6 aartappels
  • 6 spinasie blare
  • 1 ring Feta kaas
  • 2 eiers
  • 1 eetlepel botter
  • 2 takkies fennel
  • 2 eetlepels vars chives
  • 1 eetlepel knoffel
  • sout en peper na smaak
  • broodkrummels (ek het nie gehad nie, toe maak ek kaaskrulle fyn)
  • olie vir diep braai
  • Deeg:
  • Castle bier
  • 1 koppie koekmeel
  • bietjie sout

Kook aartappels tot gaar en maak dit fyn saam met ‘n eetlepel botter.
Meng eiers, kruie, speserye, Feta en spinasie saam.
Skep die fyn aartappels by en meng goed.
Vorm balletjies en sit in vrieskas dat dit so effens kan verstewig.
Maak die deeg aan.
Meng bietjies bietjies bier by die meel tot ‘n slap deeg. Voeg die sout by.

Nota:
Krummels…..vat ‘n gekoopte pakkie anders as jy nie het nie en chips gebruik soos ek, moet dit fyn gemaak word.
Haal balletjies uit vrieskas en rol in deeg en dan krummels.
Bak in diep olie tot gaar en mooi bruik, olie moenie te warm wees nie.
Bedien as bygereg soos verkies.

Resep geplaas en foto:  Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page