AARTAPPEL POFFERTJIES
Heerlik en regtig mooi op bord.
- 1 houer suurroom
- 3 koppies fyngedrukte gaar aartappels
- 2 eiers
- 1 hoogvol koppie kaas, gerasper
- 2 teelepels Parmesaan kaas, gerasper
- 2 teelepels pietersielie of grasuie
- sout en peper na smaak
Verhit oond tot 180° C.
Spuit pannetjies met “Spray and Cook”.
Klits eiers goed en meng suurroom by.
Voeg beide kase, pietersielie of grasuie by en meng deur.
Voeg aartappels by en meng goed.
Skep lepels vol in die gatjies van die pannetjie tot amper vol.
Bak vir 25 – 35 minute tot mengsel wegtrek van die pannetjie se kante en dit goudbruin is.
Resep en foto: Sintie Pieterse Hattingh