Your Recipe Blog

AARTAPPEL, KAAS EN SPEKKOEKIES

AARTAPPEL, KAAS EN SPEKKOEKIES

  • 400 g spek stukkies, gaar gemaak
  • 4 medium aartappels, gekook en fyngemaak
  • 1 groterige¬†ui, fyn gesny
  • 200 g gerasperde kaas
  • 250 ml koekmeel
  • 3 eiers
  • olie, vir diep braai

Laat spek en kapokaartappels afkoel en meng bymekaar, voeg kaas by.
Meng alles goed saam.
Meng koekmeel by.
Klits eiers en voeg dit by.
Meng weer alles goed.
Onthou die spek is klaar sout.
Voeg growwe peper by en bietjie sout na smaak.

Nota:
Na die eerste baksel proe ek en voeg nog speserye by, indien nodig.

Diep braai lepelsvol in warm olie tot mooi bruin.
Onthou eintlik is alles klaar gaar behalwe die eiers.
Sommer vir iets anders. Vanaand het ek “Sour Cream en Onion chips” fyn gedruk en bo op gesit net om te proe.

Resep en fotos: Koos van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5