AARTAPPEL EN SPEK PASTEI
- 3 groot aartappels, geskil, gekook en dan in blokkies gesny en afgekoel
- sout en peper
- 1 groot ui, fyn gekerf en gesoteer in ‘n eetlepel botter
- 2 koppies gerasperde chedder kaas
- 3 eetlepels gekapte sprietuie
- 400 g gesnipperde spek, gaar
- 3 eetlepels dijon mosterd
- 2 rolle ontdooide skilferkors deeg
- 1 eier, geklits
- ‘n klompie roket blare vir garneering
Voeg alle bestanddele behalwe die eier, mosterd en roketblare bymekaar en voeg die sout en peper by na smaak, meng goed. (pasop vir te veel sout, want die spek en kaas is alreeds souterig)
Rol die deeg uit op ‘n meel lagie sodat jy omtrent vier ronde sirkels het wat kleinbordjie groote is (×2).
Smeer ‘n bietjie mosterd in die middel van elke sirkel.
Smeer die rante van die deeg met die eier.
Skep van die vulsel op die een helfte van die sirkel en vou dit toe en druk die rante vas met ‘n vurk.
Smeer die res van die eier op die pastei.
Druk met ‘n mespunt ‘n gaatjie in elke pastei op die bokant om stoom uit te laat.
Pak die pastei op ‘n bakplaat wat gespuit is met spray en cook.
Bak die pasteie in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 20 tot 25 min of tot goudbruin.
Garneer met roketblare en siedaar.
Geniet dit!
Foto en resep: Gideon Louw
Lekker, gaan maak.